Hartklop Groepe
-
Willem en Lynette Coetzer
Heiderand selleiers
Ons groei saam in die Woord van die Here. Ons groep bestaan uit paartjies of enkellopende ouers wie se kinders reeds klaar is met skool. Kom skakel gerus by ons in. -
Jaco en Coreen Hefer
Hartenbos selleiers
Hier kan jy kom sit, jou hare los maak, jou skoene uitskop en net kom afpak. Ons oordeel nie, ons ondersteun. Met Jaco se OCD wat net lyne en blokke sien en Coreen se teenoorgestelde pool wat wolke en blomme sien, wil ons ‘n omgewing skep waar mense mekaar in die middel kan vind. Ons ondersteun mekaar geestelik, in huwelike en in beroep. Ons nooi jou uit om by ons in te skakel. -
Jaco en Roulene Bonthuys
Monte Christo selleiers
-
Gerrie en Erika Robbetze
Reebok selleiers
Ons familie bestaan uit die mooiste mense, van vroeg 40’s tot laat 70-jariges. Natuurlik kom hulle kinders ook, soos wat hul aktiwiteite dit toelaat. Ons glo die geheim van ons groep is onvoorwaardelike aanvaarding en omgee vir mekaar. Ons lag saam, huil saam, dra saam en bid saam. Persone wat bereid is om ons te vat met ons tekortkominge en elke week saam ons te leer van Jesus en Sy liefde vir ons, is welkom. O ja, wees gewaarsku.. ons almal hou van koffie en poeding. -
Pieter en Anelia du Plessis
Fraai Uitsig selleiers
-
Paul Alers
Manne groep selleier
-
Barbara Muller
Vroue selgroepleier
Batya, dogters van die Allerhoogste, is ‘n verhoudingsnaam- dit gee betekenis aan “behoort”. By Batya Vrouebediening word God se Woord behandel, oopgebreek en uitgevoer deur die leiding van die Heilige Gees.
-
Nadia Engelbrecht
Mamma groep selleier

