Wie is ons?

1 Lofty Nel Street
Die Voorbaai, Mosselbaai,6506

Maandae – Donderdae
08:00vm - 15:00nm

Sondagdienste
09:00

Kruis-Kidz (4-11 jaar)
09:00

Groei (12-13 jaar)

Rooted ( 14- 19 jaar)
09:00

Navrae: info@lewendewoordhartenbos.com

Ons gemeente in Hartenbos is in Desember 2020 geplant in die Coins Park-gebou. Ons het klein begin met slegs 15 gemeentelede, maar deur die Here se genade het die gemeente vinnig gegroei. Dit het daartoe gelei dat ons na ’n groter gebou moes trek om plek te maak vir almal wat deel geword het van die gemeente.

Ons bediening is sterk Bybelgefokus, en ons begeerte is om die Woord van God suiwer te verkondig en mense te help om ’n persoonlike verhouding met die Here te bou. Familie vorm ’n baie belangrike deel van ons waardes, en daarom skep ons ruimte. waar mense van alle ouderdomme saam kan groei in hul geloof.

Ons aanbiddingspan lei die gemeente in lofprysing deur sang en skep ’n atmosfeer waar mense die Here kan aanbid. Vir kinders van 3–11 jaar het ons ’n dinamiese kinderkerk waar hulle deur speletjies, aktiwiteite en worship van die Here leer.

Ons 12- en 13-jariges begin meer doelgerig fokus op die studie van God se Woord. Hulle leer wat Bybelstudie is en hoe om self die Bybel te bestudeer en te verstaan.

Vir ons tieners in hoërskool skep ons ’n ruimte waar hulle eerlik kan gesels oor onderwerpe wat relevant is tot hul lewens, terwyl hulle saam ontdek wat die Woord van God daaroor sê.

Ons hart is om ’n gemeente te wees waar mense God ontmoet, geestelik groei en saam as familie die Here dien.

Waar is ons?