‘n Oomblik met die Koning

Hoor jy hoe sag die klokke beier, Kersfees kom!

My belewenis is anders as joune, ons almal het herinneringe van jongs af met hoe Kersfees was en ‘n verwagting met hoe dit moet wees. Met kleurliggies of lamsboud, is elkeen se Kersfees uniek aan hul tradisies maar by een ding bly ons staan - dit bly familie!

Met herinneringe in ons hart deel ons stories van waar ons gesinne in lief en leed by mekaar gekom het in die feesseisoen. As jy wonder waar Jesus was, staan ‘n oomblik terug, word stil en sien Hy was heeltyd deel van die gesprek.

Jesus is daar wanneer dit jou eerste Kersfees is sonder Oupa se warm druk, Jesus is daar wanneer jy uitvind dis die laaste Kersfees wat jy en jou eggenoot alleen is want ‘n nuwe seisoen met klein voetjies is oppad. Jesus is daar en sien jou seer, Jesus is daar en deel in jou vreugde. Jesus is daar met ‘n uitspraak van siekte oor die feesseisoen en Hy is daar wanneer die poeding flop.

Jou oomblik met die Koning is elke dag daar, jaar na jaar.

Hy staan en wag dat jy jou Kersfees met Hom deel.

Previous
Previous

Gemeentebraai is die mooiste lawaai!